NHSV-1
OOR ONS
GoueOues-1024x683
OOR ONS
Picture4
previous arrow
next arrow
Wie is ons?Wie is ons?

Die Kruiners is ´n gelukkige geloofsfamilie. Ons weeklikse eredienste vorm die hartklop van die gemeente se aktiwiteite. Ons eredienste is gestruktureerd met die klem op Woordverkondinging en bypassende gemeentesang. Ons streef egter daarna om in voeling te bly met al ons mense se geestelike behoeftes. Kruin is ´n gemeente van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika of kortom Hervormde Kerk. Ons kerk het ´n reformatoriese oorsprong (gewortel in die Calvinistiese Hervorming van die 16de eeu) wat sedert 1652 aan die Kaap geplant is. Kruin het ontstaan na afstigting van die gemeente Horison in Roodepoort gedurende 1996.

gemeentebestuurgemeentebestuur

PREDIKANT

Ds Kobus Pienaar bedien sedert 2005 ons gemeente pastoraal. Hy is tans ons enigste voltydse predikant. Hy ken al ons mense en stel belang in almal se doen en late. Hy lei Sondae die eredienste en bestuur ook die gemeente in samewerking met die kerkraad en ander werkgroepe. Ds Kobus is getroud met Monique.

KERKRAAD

Die kerkraad kom drie keer per jaar byeen om beplaning te doen, na te gaan of opdragte uitgevoer is en te beraadslaag oor die wel en weë van die gemeente. Die kerkraad is die besluitnemende liggaam van die gemeente. Kerkraadslede word deur die gemeente verkies.

OUDERLINGE-WERKGROEP

Die ouderlinge skenk hoofsaaklik aandag aan die lidmate – hulle omstandighede, geestelike  versorging maar ook behoeftes, probleme en  uitdagings.  Verder besin die ouderlinge ook oor die inrigting van die erediens as hartklop van ons gemeente. Die onderlinge neem ook sitting op die kerkraadsvergadering om te besin oor die gemeente se bedieningstrategie. 

FINANSIËLE-ADVIESKOMITEE

Die komitee voorsien die kerkraad van advies oor die bestuur van ons gemeente se finansies. Hulle stel ook die jaarlikse begroting op. Jan de Klerk  is die voorsitter van die finansiële-advieskomitee.

OFFERGAWES

Ons gemeente word hoofsaaklik in stand gehou deur lidmate se geldelike bydraes. Ons sal dit waardeer indien jy ook ´n maandelikse bydrae kan maak. Jy gee jou offergawe deur elektroniese oorbetalings of volgens die reëling wat die wyksverteenwoordiger met jou tref.

FASILITEITE

Kruin het ´n goed toegeruste kerkkompleks wat bestaan uit ´n veeldoelige kerkgebou met kategeselokale, ´n konsistorie, kerkkantoor, ´n ruim lapa vir funksies. Die lapa en ander fasiliteite word ook vir funksies uitverhuur.
 

KOM LOER IN

Ons verwelkom enige lidmate, voornemende lidmate of belangstellendes om ons eredienste om 09:00 op Sondae by te woon.

Jy kan ook gerus ons kerkkantoor gedurende die week tussen 09:00 en 13:00 (Dinsdae tot Vrydae) kontak. Jy is welkom om by enige van ons diensgroepe in te skakel of net  by ons byeenkomste te kom saamkuier. Ons hou baie gesellige funksies en deesdae word ons lapa ook benut vir teater-vertonings.

KERKLIKE LEKTUUR

Die Hervormde Kerk se amptelike tydskrif is die Hervormer. Dit word gratis beskikbaar gestel in ons gemeente.

Die Almanak is ons kerk se Bybelse dagboek met kontaknommers van die kerkkantoor sowel as alle ander gemeentes in die Hervormde Kerk.

Ons stel ook elke Sondag ‘n elektoniese erediensblad vry wat op Whatsapp afgelaai kan word.
 
Let daarop dat ons webblad ook skakels bevat na ander publikasies van die Hervormde kerk. 
 
WerksgroepeWerksgroepe

JEUGBEDIENING EN KATEGESE

Ons koester ons kinders. Hulle geloofsvorming is vir ons ´n hoë prioroiteit. Kategese word volgens ´n uitgewerkte sillabus aangebied en jeugaktiwiteite vind gereeld plaas. Hester Esterhuizen staan aan die hoof hiervan.

NHSV (NAOMI-SUSSIES)

Die NHSV is ons gemeente se sustersvereniging. Hulle pak projekte aan, reik uit na mense in nood, en is betrokke by fondsinsamelings vir behoeftige kinders en ouer mense binne en buite ons gemeente. Hulle koördineer ook gesellige byeenkomste en lewer oor die algemeen ´n groot bydrae tot die opbou van ons gemeente. Gerda-Marie de Beer staan aan die stuur van die NHSV

DIAKONAAT EN OMGEEGROEP

Die diakens fokus primêr op maatskaplike behoeftes en nood binne en buite ons gemeente. Hulle verleen ook hulp en ondersteuning tydens begrafnisse. Die omgeegroep as verlengstuk van die diakonaat reik uit na mense in ons gemeente wat siek is, gehospitaliseer word asook mense in nood.

KOMMUNIKASIE

Ons bedink voortdurend nuwe en meer effektiewe kommunikasie-strategieë. Hoewel persoonlike kontak steeds die beste manier bly om te kommunikeer, maak ons ook gebruik die elektroniese media deur Skermdienste uit te stuur sowel as om per whatsapp boodskappe aan ons lidmate te stuur.  Markus Leibrandt staan aan die hoof hiervan.
 

KAIROS

Kairos bestaan uit werkende jongmense wat van tyd tot tyd bymekaar kom. Hulle organiseer ook van tyd tot tyd gesellige geleenthede vir die hele gemeente.

KRUIN GOUES

Die Kruin goues bestaan uit ons gemeente se ouer lidmate. Hulle is ´n aktiewe groep wat maandeliks bymekaar kom en ook gereeld op uitstappies gaan. Die groep staan o.l.v.Leo van den Meer.