Jeug-1024x576
1-1024x520
GoueOues-1024x683
NHSV-1-1024x683
previous arrow
next arrow
Hy leef in ons


Die Blinde kol.

2 Kor 1:1 – 6

Mens is soms sienede blind, horende doof, is dit nie? ‘n Illustrasie daarvan is die resultaat van ‘n eksperimant wat ‘n ene prof Daniel Simons gedurende 1999 op studente by die unisersiteit van Harvart uitgevoer het. Met die eksperiment vertoon hy ‘n video van 19 sekondes lank waarin jongmense vir mekaar ‘n bal aangee. Bykans soos ‘n nedbalwedstryd. Die studente wat na die video moes kyk, moes konsentreer op die spelers en dan tel hoeveel keer die bal aangegee word. Die meeste van die studente wat aan die eksperiment deelgeneem het, se antwoorde was of korrek of baie naby aan korrek. Maar dan volg die verassing. Simons vra vir die deelnemers aan die konsentrasie-oefening of hulle die gurilla gesien het. Halfpad in die video verskyn daar ‘n man met ‘n gurillapak aan. Merkwaardig is dat minder as die helfte van die studente, die gurilla opgemerk het. Nadat die studente bewus gemaak is van die gurilla deur weer na die video te kyk, kon hulle nie glo dat hulle dit misgekyk het nie. Hulle het so hard gekonsentreer op die spel, dat hulle heeltemal blind was vir die gurilla. Met hierdie eksperiment het Simons bewys dat ons almal aan intensionele blindheid lei. Dit beteken dat ons sekere dinge miskyk wanneer ons op ander dinge konsentreer.

Lees mens sorgvuldig deur albei Paulus se briewe aan die Korintiërs, word dit gou duidelik dat daardie gemeente oor ‘n blinde kol beskik het. Daar was onenigheid oor geld, groepvorming en ongemaklikgheid wanneer hulle bymekaar gekom het vir die liefdesmaal. Daar was die beterweteriges en die foutvinders. Om alles te kroon, is Paulus se gesag as apostel ondermyn. Hulle aandag en energie was op die verkeerde plek. Die gemeente in Korinte het aan ‘n ernstige graad van aandagafleibaarheid gely sodat Jesus uit hulle gesigsveld verdwyn het. Paulus maak hulle dan bewus van hulle geestelike blindekol.

Die lidmate van die hawestad Korinte is natuurlik nie heeltamal so ‘n uitsondering nie. Jou en my aandag word ook al te dikwels afgelei van Jesus en sy evangelie. In plaas daarvan dat Jesus en die evangelie ons fokuspunt vorm, word hy die blindekol soos in Simons se eksperiment. Gaan dink ‘n bietjie mooi, waarop konsentreer jy?

Skrywer: Ds Kobus Pienaar

Bly ingelig

Ontvang ons weeklikse erediens blaatjie per e-pos.

PrekePreke



Vorige erediens blatjies

Kontak onsKontak ons



Adres

H/V CR Swartweg en Steinmannstraat, Roodepoort

Kantooorure

Dinsdae – Vrydag: 08:00 – 12:00 | Erediens: 09:00

Corrie Viljoen
Administratiewe beampte
011 768 6831
nhkkruin@gmail.com
ds. Kobus Pienaar
Predikant
011 768 5179
ajpienaar1@gmail.com

Los ‘n boodskap

Naam en van*

© NHK Kruin 2022

wian-viljoen.co.za